Find what you are looking for...

Paarl Mei 2025 (Afrikaans)

Minki Image

WAT IS NUUS BY ONS?

Herfs is hier, en dit is die perfekte tyd om 'n paar veranderinge te vier. Groei bring dikwels die vraag: "Nou wat nou?" maar wanneer jy die vordering sien wat jy gemaak het, besef jy net hoe motiverend verandering kan wees. En natuurlik laat dit jou sommer beter voel oor jouself.

Saam met herfs kom koeler weer – 'n goeie geleentheid vir ons meer intensiewe behandelinge met minder risiko van die skadelike son.

Ons is mal oor ons dorp – die ideale plek vir amper almal, met van die beste uitsigte en wyn in Suid-Afrika.

In hierdie maand se nuusbrief wil ons graag die beste van Skin Renewal vir jou uitlig, asook die behandelinge wat jou vel op sy beste laat lyk.

Winde van Werandering

Anton Goosen, Suid Afrika se “Liedjieboer”, sing van die winde van verandering wat waai, en dit is so gepas vir hierdie seisoen by Skin Renewal Paarl. Die Kaap se mooiste mooi is oppad, saam met ‘n kaggelvuurtjie en rooiwyn, soos net ons in die wynlande sal verstaan. 

Die onlangse brand in die Wellington en Paarl areas was ongelukkig ‘n vuur van tragedie en verwoesting wat honderde families hawe- en besittingloos gelos het, en die impak word reg deur die gemeenskap gevoel. 

Skole, kerke, buurtwagte en individue staan saam om hulp aan te bied. Skin Renewal Paarl dien as ‘n aflaaipunt vir enige donasies, met spesiale versoeke vir babaklere en skoene. 

Kontak ons gerus vir verdere inligting. 

Minki Image
Blare Verander

Nie net verander ons somers nou in die mooiste herfs tydperk nie, maar ons tak wissel ook blare. 

‘n Nuwe seisoen bring nuwe lewe, en wanneer jy terug kyk van waar jy gekom het, hoe die boompie gebuig en gesnoei is, bring dit ‘n brandende gevoel van trots saam. 

As jy nog nie het nie, maak jou eerste koppie warm sjokolade (met malvalekkers in vir ‘n ekstra bederf), en ons vertel jou meer. 

In ‘n opwindende nuwe hoofstuk verwelkom Skin Renewal Paarl ‘n nuwe bestuurspan. 

Zeenat Abrahams, ‘n bekende gesig agter die toonbank, en Elzaan Conradie-Botha is die nuwe dinamiese-duo wat die Paarl span nou lei. Geken vir hulle positiewe energie, entoesiasme en gestruktureerde vaardighede, is hulle toegewyd aan jou resultaatgedrewe reistog na die beste weergawe van jouself.

Soos T.S Elliot gesê het: Elke oomblik is ‘n vars begin. 

Minki Image
Die Toxins

Skin Renewal het onlangs ons eie Aksie Netbal span gestig, en een van die spelers is uit ons Paarl tak! Meandra ontsnap en skep asem op die baan teen ‘n stink spoed, onder die alias “The Toxins”. 

Minki Image
Liewe Lawwe Louis

Ons gunsteling wol-kind het op die 1ste April een jaar oud geword! Bianca se geliefde Schnauzer, Louis, wat ons almal se harte gesteel het en deel is van ons familie, was sommer goed bederf deur die hele span!

Minki Image
Na-ure by Dr Liz

Ons dokters is nie net hoogs-gekwalifiseerd nie, maar is ook bedrywig buite werksure, en Dr Liz is geen uitsondering nie. Sy en Rory, haar ander helfte, het onlangs ‘n welverdiende ruskans in Mauritius gehad, en is weer vol ywer terug en gereed om jou velsorgreis saam met jou aan te pak. 

Minki Image
Optimale Gesondheid

Met die kouer weer wat sy verskyning gemaak het is dit nou die ideale tyd om jou winter-vitamines aan te skaf.  Skin Renewal Mediese Direkteur, Dr Maureen Allem, is passievol oor algehele gesondheid en het ‘n bekostigbare, effektiewe vitamien- en mineraalreeks ontwikkel om jou liggaam optimaal te ondersteun deur die koue seisoen.  

Ons Vitamien C en Sink is spesifiek ontwikkel om jou immuunsisteem te ondersteun. 

Minki Image
Vuurwarm Velbehandelinge

Aangesien die son nie meer so vurig neerkom nie kan ons nou ons sterkste behandeling-wapens uithaal vir dieper en beter resultate. Herfs is die perfekte tyd om jou vel voorteberei vir meer gevorderede, intensiewe behandelinge gedurende die winter aangesien ons dit kan doen sonder om te bekommerd te wees oor die moontlik skade van UV-strale. 

Gesels met ons oor LimeLight, Pearl Fractional, Laser Vein Removal en meer. 

Minki Image
Waar Jy Saak Maak: Ontsluit Holistiese Welstand met Skin Renewal se Elite Lidmaatskap

Ons waardeer en koester elke pasient wat by ons deure inloop, en belê met trots saam met ons pasiënte in hul reis na die beste weergawe van JOUSELF. Ons innoverende lidmaatskapprogram is ’n bewys van hierdie belegging. As die eerste mediese estetiese lidmaatskapprogram in Suid-Afrika ontlok dit groot belangstelling, met vele van ons pasiënte wat reeds die voordele van Diamond-, Gold- of Onyx-lidmaatskap omarm.

Ontdek meer oor hierdie unieke lidmaatskapprogram en hoe dit jou reis na stralende vel en welstand kan vergemaklik, deur hier te klik.

Minki Image
May Promosie Vir Jou
Minki Image
Begin jou reis met BODYTEC EMS
Minki Image

Maak ‘n afspraak vir jou gratis proefsessie en tweede sessie ter waarde van R635 met die kode MYSKINBT wanneer jy voor 30 Junie 2025 inskryf.

Besoek bodytec.co.za en gebruik die promosiekode MYSKINBT om dié aanbod te kry.


Is jy ingeteken op ons Youtube kanaal?

Ons YouTube-kanaal is jou bestemming vir insigte van ons dokters, werklike oplossings en alles wat jy nodig het om selfvertroue in jou vel te hê. 


Minki Image
statcounter